Mense wat wil leer programmeer vra dikwels watter taal hulle eerste moet leer.
Ek dink MakeCode en die micro:bit is ‘n fantastiese manier om te leer programmeer omdat jy nie net op die skerm programmeer nie, maar programme kan skryf wat met die micro:bit sensors regte data gebruik en op beweging, lig en gebare kan reageer.
Dit is ook regtig baie maklik is om die micro:bit te programmeer as jy die MakeCode blokke gebruik, maar jy kan ook die JavaScript kode sien sodat jy ‘n idee kan kry hoe formele JavaScript lyk waarin jy later kan programmeer.
Jy kan ook meeste van die programmerings oefeninge in hierdie boek doen al het jy nie jou eie micro:bit nie, want die nabootser in MakeCode wys jou presies hoe die afvoer sal lyk.
Die micro:bit kos nie baie nie en die MakeCode sagteware is gratis.
Die micro:bit “Club bundle” bevat 10 van die nuwe micro:bits met 10 USB kabels , 10 battery houers en 20 AAA batterye of jy kan individuele micro:bits koop.
Beskikbaar van onder andere RS-online of Pishop.co.za of Deftech, teen tussen R199 en R400 elk.
Die nuwe micro:bit, V2, werk met dieselfde programme en sagteware as die vorige weergawe, maar het ‘n mikrofoon en luidsprekertjie, meer geheue en ‘n kragtiger verwerker. Die nuwe weergawe het ‘n sterker stroom om motortjies aan te dryf (200mA) en die duikies op die koppelvlak sal keer dat krokodil knypers afgly.
Werkboeke is beskikbaar by www.textbooks4u.co.za. Gratis hulp aan onderwysers via Zoom en afslag vir grootmaat bestellings.
Hierdie lesse neem gemiddeld 90 minute om te voltooi. Elke les verduidelik nuwe konsepte en het dan vyf of meer programme wat leerlinge self moet skryf. Leerders moet genoeg tyd kry om te eksperimenteer en selfvertroue op te bou. Afhangend van die hoeveelheid klas tyd wat beskikbaar is sal heirdie lesse dus gewoonlik oor 1 tot 3 weke aangebeid word
fInteriorDesign Theme powered by WordPress